Couscous Salad with Pea Shoots & Parmesan
February 14, 2021
Moroccan Beef Soup with Sunflower Microgreens & Chickpeas
May 27, 2021

Microgreen Roomkaas Rolletjies

Hierdie resep is perfek vir die jongspan wat Micro Shooters groei. Net 3 bestandele en ‘n paar minute om aan mekaar te slaan. ‘n Treffer vir ‘n na-skool peuselhappie, as ‘n alternatief in skool kosblikke, en natuurlik ook ‘n fantastiese KETO low-carb happie vir mamma.
In ons kombuis se venterbank was Rambo Radish & Peace Pea Shoots gereed om ge-oes te word. Ek het dun gesnyde gypsy ham gekoop en Lancewood se roomkaas. Enige van die microgreens variante sal heerlik wees hierin, hang net af wat julle gereed het in die kombuis. Die gewone roomkaas kan ook vervang word met verskillende geure roomkaas wat te koop is in die winkels.
En sonder dat die kinders dit eens agterkom, eet hulle ertjie en radys in die vorm van microgreens, 40 keer meer voedsaam as die volgroeide groente en sommer 100 maal lekkerder ook ♥

Al wat jy benodig is:

  • Microgreens
  • Roomkaas
  • Ham

Instructions

  1. Smeer elke snytjie ham in die middel met roomkaas
  2. Vat ‘n hopie microgreens en plaas dit langs die roomkaas.
  3. En rol op. Dit kan in kleiner stukke gesny word, net soos jy verkies.